
Die Tweedag Sakebestuur Werkswinkel vorm deel van die Akademia Entrepreneur- en
Sakeplankompetisie, en alle nuwe en bestaande entrepreneurs en sakelui is baie welkom.
Datum: 25 & 26 Mei 2016
Plek: Gauteng: Pretoria Moot, Centurion, Boksburg, Krugersdorp &
Vanderbijlpark
Wes-Kaap: Bellville & Somerset-Wes
Tyd: Woensdag: 7:30 vir 8:00 – 16:30
Donderdag: 7:30 vir 8:00 – 16:00
Koste: R1350 pp
Deelnemers aan die Tweedag Sakebestuur Werkswinkel, kry toegang tot:
1. die Entrepreneuriese profiel toets en top tien Clifton Strengthfindertoetse,
internasionaal getoets deur die Gallup Strength Centre op meer as 13 miljoen mense,
2. interaktiewe gesprekke met bekende en suksesvolle sakeleiers soos
Louis van der Watt, Wouter Snyman, Stefan van der Walt, en vele meer;
3. alle kursus materiaal, asook toegang tot die klankbane van die dag na die tyd;
4. alle etes en ligte verversings;
5. afslag van 10% op Sakeplankompetisie Gala-aand kaartjies.
Na vier jaar se suksesvolle terugvoer oor die waarde van hierdie Werkswinkel, kan die
vraag tereg gevra word: Kan jy en jou besigheid dit werklik bekostig om nie
hieraan deel te neem nie? Kom skep saam hoop en leer opnuut dink aan al die
geleenthede wat vir jou lê en wag binne al Afrika se uitdagings!
Sitplekke in die verskeie sentrums is beperk, en besprekings sluit tot 23 Mei!
Bespreek aanlyn op: http://sakeplankompetisie.co.za/sakebestuurwerkswinkel/
U is ook welkom om hierdie uitnodiging aan al u sakekennisse te stuur!
Vriendelike groete - sien uit om u daar te ontmoet!
Chris du Plessis
Akademia Sakeplankompetisie koördineerder
Tel: 0861 007 225
E-pos:
| Event Date | 25-05-2016 8:00 am |
| Event End Date | 26-05-2016 4:30 pm |
| Capacity | Unlimited |
| Registered | 0 |
| Individual Price | R1,350.00 |