On Promotion

Upcoming Events

16

Sep 10

Eastern Network
LEADERSHIP VALUES: WISDOM FROM THE PLANT KINGDOM
Read more...

16

Sep 10

CMC: To all community leaders and their spouses - Aan alle gemeenskapleiers en hul gades
Kenmekaar Byeenkoms (Ligte verversings/wyn) – Know Each Other Gathering (Light refreshments/wine)
Read more...

19

Sep 10

LENTE GOSPEL OPTREDE : WILLIE JOUBERT
LENTE GOSPEL OPTREDE : WILLIE JOUBERT
Read more...

07

Oct 10

Moot Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

12

Oct 10

AHI INTERPROVINSIALE GOLF KAMPIOENSKAPPE – 12 Oktober 2010
DIS HIER!! ‘n Nuwe tradisie begin op Vanderbijlpark. Vir die eerste keer gaan daar meegedwing word om die AHI Interprovinsiale Golf kampioenskappe. Die spanne dwing mee om die GUVON HOTELS & SPA”S wisseltrofee.
Read more...

13

Oct 10

AHI-NASIONALE KONGRES 2010
AHI-NASIONALE KONGRES 2010 RIVERSIDE HOTEL, (VANDERBIJLPARK)
Read more...

21

Oct 10

Central West Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

05

Nov 10

Capital City Business Chamber Year End Function
Our Annual Prestige Year End Function.
Read more...

11

Nov 10

North Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

24

Nov 10

East Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

Article Headlines

Show

EKONOMIESE OORSIG: JUNIE 2010

Internasionale gebeure
 
Die nuus die afgelope maand vanuit die VSA was steeds belowend en aanduidings is dat die herstel in die ekonomie steeds voortduur. Die huismark is ook aan die verbeter en die verwagting is dat privaat verbruiksbesteding in kw2:2010 ‘n verdere verbetering sal toon.
 
In kontras hierteenoor het die herstel in die Eurogebied die afgelope maand gestol volgende op die gebeure in Griekeland waarna in verlede maand se oorsig verwys is. Die realiteit is immers dat na die swak vertoning van die wêreldekonomie verlede jaar, alle lande se regerings se tekorte toegeneem het weens laer belastingontvangstes. Weens die resessie opereer feitlik alle lande onder volle potensiaal met vraag wat swak vertoon en heelwat surplus kapasiteite wat bestaan. Die tekorte op regerings se rekeninge moet dus gesien word as deel van die outomatiese stabiliseerders of regstelaksies. Die skerp afgradering van ‘n land soos Griekeland se soewereine kredietwaardigheid het egter ‘n stok in die wiel kom steek en nou moet regerings belastings verhoog en staatsbesteding inkort om die tekorte te verminder. Dit is ‘n resep wat die wêreldekonomie, of minstens dele daarvan, terug in ‘n resessie kan dompel.
 
Bykomend hiertoe, wil dit voorkom asof die Sjinese ekonomie se groeitempo ook effens aan die verlangsaam is. Dit is steeds goed maar die blote feit dat dit swakker as verwagting neig, bring ‘n mate van onsekerheid mee en gevolglik pas beleggers hulle optrede daarby aan. Dan is daar die Australiese regering se optrede wat te kenne gegee het dat hulle die mynboubelasting wil verhoog, wat ook tot die groter onsekerheid, in veral die beleggingsmarkte, bydra.
 
Die kombinasie van faktore soos hiervoor vermeld, het daartoe gelei dat groeiverwagtinge afgeskaal word en dat grondstofpryse die afgelope maand swakker geneig het soos wat Reuters se CRB termynmark indeks, wat die pryse van ‘n mandjie van grondstowwe bevat, aandui.
 
 
Die daling in kommoditeitspryse en moontlik laer aanvraag wat kan volg, kan problematies wees vir grondstofuitvoerlande soos die RSA. Aan die positiewe kant het gebeure egter ook daartoe gelei dat die prys van ru-olie skerp gedaal het. Ligte ru-olie se prys het die afgelope maand dan ook met meer as $12 per vat of 14% gedaal. Met al die onsekerheid het die prys van goud die afgelope maand egter met $35 per ons of 3% gestyg. (In randterme was die styging R664 of 7,7% per ons.)
 
Alhoewel die gebeure van die afgelope twee maande ‘n besliste terugslag vir ekonomiese herstel wêreldwyd is, is ek tog van mening dat dit nie die herstelproses sal laat ontspoor nie. In Euroland self sal die swakker euro, (die euro het die afgelope ses weke vanaf 1,35 euro/$1 tot 1,22 gedaal, dit is ‘n daling van byna 10%), uiteraard die lande in die Euro gebied se mededingendheid merkbaar verhoog. Ek voorsien dan ook dat Duitse en Franse en ander lande se nywerheidsuitvoere en die toerisme mark ‘n gunstige tyd tegemoet gaan wat die nadele vir die gebied grootliks kan teenwerk.
Plaaslike gebeure
 
Op die plaaslike front is die belangrikste gebeurtenis die vrystelling van die BBP syfers vir kw1:2010. Dié inligting word in meegaande twee tabelle verstrek onderskeidelik op ‘n jaar-op-jaar toenamekoers en van kwartaat-tot-kwartaal teen ‘n jaarkoers bereken. Enkele sake word slegs vermeld.
 
Ø Jaar-op-jaar beskou, teen reële terme bereken, toon die BBP ‘n verbetering vanaf minus 1,4% in kw4:2009 tot 1,6% in kw1:2010. Van kwartaal-tot-kwartaal bereken en teen ‘n jaarkoers uitgedruk , het die BBP in kw1 met 4,6% gegroei teenoor die 3,2% verbetering van kw4.
Ø In kw1 was dit veral die mynbou en die fabriekswese sektore wat bó- gemiddeld goed gevaar het. Van kwartaal-tot-kwartaal gemeet en teen ‘n jaarkoers uitgedruk, het mynbou met 15,4% toegeneem en die fabriekswese met 8,4%. Beide dié sektore se jaar-op-jaar groeikoerse het in kw1 dan ook positief gedraai.
Ø Van kwartaal-tot-kwartaal gemeet was daar geen sektor wat nog negatiewe groei in kw1:2010 aangeteken het nie.
Ø Bykomende sake is dat die BBP deflator in kw1 effens verder verlangsaam het tot ‘n toenamekoers van 6,2% teenoor die 7,9% stygingskoers van kw4. Dit is hoër as die toename van beide die VPI en die PPI soos gepubliseer. Die vergoeding van werkers was in kw1 9,0% hoër as ‘n jaar tevore maar het effens verlangsaam teenoor die 10,3% toenamekoers van kw4. Die bruto bedryfsurplus, jaar-op-jaar gemeet, het in kw1 verbeter tot 7,5% vanaf ‘n stygingskoers van 2,9% in kw4.
 
Die groot vraag is of hierdie verbetering van kw1 in kw2 voortgesit sal kan word. Die kwelling is dat die gebeure in Euroland, wat die RSA se grootste handelsvennoot is, sake deurmekaar kan krap al is dit dan dalk ook net tydelik. Dan bly die rand sterk wat die land se uitvoerpoging ondergrawe. Voeg hierby die feit dat die skuldvlakke van indiwidue hoog bly en die aanduidings is dat tot en met April bankkrediet aan die private sektor steeds gedaal het. Dan is daar die aankoop bestuurdersindeks wat nou vir drie maande na mekaar swakker neig terwyl Sabek se vertrouensindeks onder sakelui ook verswak het. Al hierdie aanwysers gee rede tot kommer of die opswaai se momentum in kw2 gehandhaaf sal kan word - die wêreld sokkerspele se invloed ten spyt of dalk weens die sokkerspele se gevolge. Wat laasgenoemde betref het mnr Joffe van Bidvest dan ook ‘n verklaring uitgereik wat daarop neerkom dat die sokkerspele se verwagte voordele vir sy maatskappy nie aan die verwagtinge gaan voldoen nie. Die leidende aanwyser van die sakesiklus tot en met Maart neig steeds opwaarts maar die aanwyser se verloop in komende maande sal fyn dopgehou moet word vir aanduidings oor waarheen die ekonomie kan beweeg.
 
Die inflasiekoers (VPI) vir die land as geheel het in April verder tot ‘n koerstoename van 4,4% verlangsaam. By inspeksie blyk dit dat die goedere komponent van die indeks en meer bepaald die voedselkomponent, tot dié stadiger styging gelei het. Voedselpryse het verder verlangsaam van ‘n koerstoename van 1,3% in Maart tot 0,9% in April met die gevolg dat die goedere komponent van 4,0% tot 3,5% afgeneem het. Daarenteen het die dienstekomponent se stygingskoers onveranderd op 6,5% gebly. In dié sub-komponent van die indeks was dit geadministreerde pryse wat hardnekking hoog bly styg en in April 11,6% hoër as ‘n jaar tevore was. Meer nog: die styging vir die maand van April alleen beloop 1,5% wat daarop dui dat die prysstygings van dienste hierin verteenwoordig selfs aan die versnel is.
 
As hierdie syfers beskou word teen die agtergrond van die PPI soos wat ek dit bereken en wat verlede maand volledig behandel is, dan lyk vooruitsigte vir die inflasiekoers nie heeltemal so rooskleurig nie. Immers, PPI pryse met invoerpryse ingesluit, het van ‘n 5,9% koerstoename in Maart tot 6,6% in April versnel. (Pryse van dienste is nie by die PPI ingesluit nie.) Die styging in die plaaslike komponent alleen was selfs nog vinniger naamlik vanaf 6,0% in Maart tot 7,2% in April.
 
As hierdie stygings beskou word teen die agtergrond van die styging in elektrisiteitstariewe, die toename in tariewe van munisipaliteite en die loonsverhogings wat die vakbonde die afgelope tyd afdwing, dan is daar rede tot kommer aangesien ‘n oorgewaardeerde wisselkoers en lae voedselprysstygings ook nie vir altyd tot inflasie se redding daar sal wees nie. Een so ‘n aanduiding is dat die lopende rekening van die betalingsbalans vanjaar ‘n groter tekort gaan toon. Of die land ook dieselfde omvang van kapitaalinvloei as verlede jaar kan bekom, word ook al hoe meer onseker. 
 
Daar is tans egter nie sprake van oormaat vraag in die ekonomie nie. Die ekonomie opereer steeds onder volle produksiekapasiteitsvlakke en die opneem van bankkrediet bly negatief op ‘n netto grondslag gesien. Natuurlik word daar bruto bankkrediet opgeneem maar terselfdertyd ook uitstaande skuld gedelg sodat die netto syfer glad nie of min styg. Dit is ook moontlik dat die omloopsnelheid van geld kan toeneem wat kan help verklaar waarom kredietverkope van ook nuwe motors wel aan die toeneem is.     
 
Teen voorgaande agtergrond het beurspryse die afgelope maand gedaal. Van maandeinde-tot-maandeinde toon die algehele indeks ‘n afname van 5,2% vir Mei nadat dit die vorige maand met 0,4% gedaal het. Soos verwag kan word het die pryse van veral hulpbronaandele skerp gedaal - dié indeks is 6,5% laer. Die finansiële indeks daal met 5,9% en die nywerheidsindeks met 3,3%.
 

Enquire about this article

Required fields are marked with *.

Your name *  
Your surname *  
E-mail address *  
Contact telephone number *  
Ask Capital City Business Chamber to contact me *   Yes No
Your preferred contact method *  
Message Text *  
 
 
   
  

More Related articles

EKONOMIESE OORSIG: SEPTEMBER 2010
Samevatting Die afgelope maande was die verslae rakende internasionale ekonomiese en finansiële verwikkelinge redelik vervelig. Dit het gewissel van tekens van beterskap net om gevolg te volg deur aankondigings van verswakking. Per saldo gesien egter,
Capital City Business Chamber
Read more...

Prepare for growth
Two strategies to consider in order to increase your volume of business are diversification and the forming of strategic associations.
Capital City Business Chamber
Read more...

Quicke reference Guide for Customers
City Of Tswhane: Quicke reference Guide for Customers
Capital City Business Chamber
Read more...

Image SANLAM COBALT: ECONOMIC COMMENTARY
Following recent disappointing data releases, including a plunge in US pending home sales in May and weaker than expected US employment data, fears of a “double-dip” recession scenario for the global economy have gained traction. In particular, there is i
Capital City Business Chamber
Read more...

EKONOMIESE OORSIG: AUGUSTUS 2010
Onsekerheid, meer onsekerheid en teenstrydige tendense! Dit is die hoofkenmerke van verwikkelinge op internasionale ekonomiese en finansiële gebied. Meer en meer aanduidings dui daarop dat ekonomiese groei vooruitsigte aan die verswak is. Daarenteen, het
Capital City Business Chamber
Read more...