On Promotion

Upcoming Events

05

Aug 10

Moot Network
LAUNCH OF EXCITING NEW INITIATIVES
Read more...

06

Aug 10

CCBC STRATEGIC SESSION
Dear Business Colleague, Various enquiries regarding the functioning of the Expert Desks necessitate the intended strategic session to be held earlier than planned. You are therefore kindly invited to attend the following Strategic Planning session of the Capital City Business Chamber:
Read more...

12

Aug 10

INTRODUCTION OF A CITY IMPROVEMENT DISTRICT FOR PRETORIA-NORTH
THE CITY OF TSHWANE (NORTH-WEST REGION) IN COLLABERATION WITH THE CAPITAL CITY BUSINESS CHAMBER (CCBC), CORDIALLY INVITE YOU TO AN INTRODUCTIONARY SESSION ON THE POTENTIAL ESTABLISHMENT OF A CITY IMPROVEMENT DISTRICT (CID) FOR PRETORIA-NORTH.
Read more...

26

Aug 10

Central West Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

09

Sep 10

North Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

21

Sep 10

Eastern Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

07

Oct 10

Moot Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

21

Oct 10

Central West Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

05

Nov 10

Capital City Business Chamber Year End Function
Our Annual Prestige Year End Function.
Read more...

11

Nov 10

North Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

24

Nov 10

East Network
Exibition space' guest speaker, snacks and great business and networking oppertunities.
Read more...

Article Headlines

Show

Syfers toon resessie is verby.

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk het in die derde kwartaal van verlede jaar bo verwagting goed presteer deur met 0,9% teen ’n seisoenaal aange-suiwerde jaarkoers (sajk) te styg. Die styging was egter deels te wyte aan tegniese faktore veroorsaak deur die verandering van die basisjaar vir reële waardes asook die byvoeging en hersiening van data wat gebruik word in die berekening van die BBP-syfers. Die onlangse verloop en verwagte stand van die kern ekonomiese groothede kan soos volg opgesom word:
 
Verbruikersprys-inflasie is nou uiteindelik binne die Reserwebank se teikenband, maar vooruitsigte vir ’n volgehoue daling in inflasie is maar skraal. Inflasie sal na
verwagting rondom die boonste grens van die teikenband in 2010 bly.
 
Die rand het steeds stewig vertoon in die derde en vierde kwartale van 2009,  wat uitvoere benadeel en druk laat oplaai vir die meer direkte inmening in die valutamark ten einde die rand te verswak. Die rand behoort egter steeds redelik stewig te vertoon in 2010, en sal waarskynlik tussen so R7,40 en R8,20 teenoor die dollar verhandel.
 
Leidende aanwysers van beide Suid-Afrika en sy handelsvennote neig steeds
opwaarts. Monetêre, fiskale en ander stimulasiemaatreëls het reeds tot gevolg
gehad dat meeste lande se groeikoerse nou positief is, en in 2010 sal verdere
ekonomiese herstel plaasvind. ’n Terugkeer na die hoë groeikoerse van 2005-
2007 word egter nie voorsien nie.
 
Alles dui daarop dat rentekoerse nou waarskynlik ’n onderste draaipunt bereik
het, en dat daar later in 2010 moontlik selfs ’n rentekoersstyging kan kom.
 
Vebruikersprys-inflasie
 
Verbruikersprysinflasie het in Oktober 2009 vir die eerste keer sedert Junie 2007 onder die boonste grens van die Reserwebank se inflasieteikenband van 3-6% ingekom en het in November op 5,8% te staan gekom. Produksieprysinflasie het
egter reeds in Junie ’n laagtepunt bereik (-4,1%), alhoewel deflasie steeds in binnelandseproduksie-pryse gedurende November (-1,2%) teenwoordig was.
Voedselinflasie, met ’n 15,7% gewig in die VPI-mandjie, het steeds ’n groot bydrae gelewer tot die versagting in hooflyninflasie en het in November met 4,7% (jaar-op-jaar) gestyg vergeleke met die hoogtepunt van 17,6% wat in Julie 2008
bereik is. Die pryse van voedselprodukte op vervaardigingsvlak het steeds eflasie ervaar en het met 3,6% j/j gedaal. Internasionaal het voedselkommoditeitspryse egter reeds weer begin styg en volgens die Economist se kommoditietsprysindeks het voedselpryse in November met bykans 24% j/j in dollarterme gestyg. Die kategorie wat die grootste positiewe
invloed op algehele verbruikersprysinflasie uitgeoefen het was steeds vervoerkoste (met ’n gewig van 18,8%), wat met 0,6% j/j gedaal het.
 
Die voorgestelde toename in elektrisiteitstariewe en Eskom se kapitaalbestedingsplanne kan taamlik groot gevolge vir die ekonomie oor die algemeen en inflasie in besonder impliseer. Die omvang en tydsduur van tariefstygings sal natuurlik van kardinale belang wees, maar die rentekoersrespons en die finansieringsopsies wat Eskom sal gebruik, sal ook redelik uiteenlopende gevolge kan hê. Ekonometriese ramings dui daarop dat rentekoerse met ten minste twee persentasiepunte sal moet styg ten einde die inflasionêre impak van tariefstygings van sowat 35% per jaar teen te werk.
Looneise en die styging in internasionale voedsel en oliepryse hou natuurlik verdere risiko’s vir die inflasiekoers in. Pogings van sekere drukgroepe om die rand te verswak kan ook, indien dit suksesvol is, ingevoerde produkte se pryse opjaag. Hierbenewens bestaan daar vrese dat die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi geleentheid of druk kan skep vir aansienlik hoër
pryse op sekere produkte en dienste. Laastens het die deflasie in byvoorbeeld die VSA en die euro-gebied nou plek gemaak vir inflasie (hoewel steeds gering).
Ons inflasie-vooruitskatting beloop ongeveer 6% vir 2010 en 2011. Na aanleiding van bogenoemde, lyk dit egter of daar aansienlike risiko’s bestaan wat inflasie nadelig kan beÏnvloed.
 
Die rand-wisselkoers
 
Sedert die rand se 2009 laagtepunt van R10,63 teenoor die dollar in Maart,
het die geldeenheid feitlik deurlopend verstewig en het dit in November teen gemiddeld USD/ ZAR7,48 verhandel wat ’n 42%-toename verteenwoordig. Oor
dieselfde tydperk het die rand met met 19% teenoor euro, 21% teenoor sterling, en met 29% teenoor die jen verstewig. Die impak wat die sterker rand op uitvoerders het, het druk uit verskeie oorde—veral vanuit vakbondgeledere—laat oplaai dat Suid-Afrika se vryswewende wisselkoersbeleid verander behoort te word na ’n bestuurde wisselkoersstelsel. So ’n stelsel sal groter sekerheid skep vir invoerders en uitvoerders terwyl spekulatiewe aktiwiteite beperk sal word.
Daar is egter ook bepaalde probleme en nadele verbonde aan die instelling van ’n bestuurde of gekoppelde wisselkoersstelsel. Waarskynlik is die belangrikste faktor wat uit die oog verloor word, die feit dat ’n land se buitelandse reserwes
voldoende moet wees om in enige skerp toename in die vraag na, byvoorbeeld, dollars te voorsien. Indien nie, sal beperkings op kapitaaltransaksies of handel geplaas moet word; of die regering sal gedwing word tot ’n skerp devaluasie van die geldeenheid. In uiterste gevalle kan die monetêre owerhede selfs hul toevlug neem tot die druk van geld, wat natuurlik baie nadelig sal wees vir prysstabiliteit. ’n Ander groot probleem is om die “regte” vlak vir die wisselkoers vas te stel, terwyl die “selfkorrigerende” meganisme van ’n vryswewende wisselkoersstelsel wat normaalweg die vraag en aanbod vir valuta, handelsverkeer, en kapitaalvloeie in ewewig sal bring, dan nie meer bestaan nie. Boonop is dit baie moeiliker om beide die rentekoers en die wisselkoers vas te pen, en veranderings in die in– en uitvloeie van valuta sal waarskynlikmeer dikwels met rentekoersveranderings gepaard moet gaan ten einde ewewig te bewerkstellig.
Gemeet teen relatiewe langtermynkoopkragpariteitsvlakke, was die rand gedurende die eerste vier maande van 2009 sowat 22% ondergewaardeer, terwyl dit gedurende April tot November gemiddeld sowat 1% oorwaardeer was. Soos vantevore uitgewys, behoort die kragte wat op die rand inwerk redelik in
balans te bly oor die volgende aantal jare, en die inflasiedifferensiaal van so tussen 3% en 6% tussen Suid-Afrika en die VSA lyk na die mees waarskynlike jaarlikse depresiasiesyfer vir die rand. Die rand behoort tussen sowat R7,40 en R8,20 te verhandel oor die volgende twaalf maande.
 
Ekonomiese groei
 
S uid-Afrika se kwartaal-op-kwartaal ekonomiese groeikoerssyfer het verras deur met 0,9% teen ’n seisoensaangesuiwerde jaarkoers (sajk) in die derde kwartaal
te styg. Die styging was egter deels te wyte aan tegniese faktore veroorsaak deur die verandering van die basisjaar vir reële waardes asook die byvoeging en hersiening van data wat gebruik word in die berekening van die BBP-syfers. Voorheen onaangtekende en informelesektor-aktiwititeit is byvoorbeeld
nou ingewerk by tydreekse vir toegevoegde waarde in die sektore om berekenings in lyn te bring met internasionale konvensie. Gemeet teen ’n jaar-op-jaar-grondslag, was die groeikoers steeds negatief en het op -2,1% te staan gekom. Landbou het sedert die einde van 2008 kwaai teruggesak, en het in die
derde kwartaal 2009 met 9,8% (sajk) gedaal. Mynbou het ook weer gedaal (-5,8%) nadat dit in die tweede kwartaal met 15,8% gegroei het. Vervaardiging het egter goed herstel en toegevoegde waarde het met 7,6% gestyg. Die tersiêre sector het ook gegroei, maar met ’n meer beskeie 0,8% (sajk).
 
Aan die bestedingskant van die ekonomie het huishoudings se dalende bestedingsgroei sedert die middel van 2008 heelwat afgeneem (tot sowat -2,0%), terwyl die dalende neiging in vaste kapitaalvorming—wat eers in die tweede kwartaal van 2009 begin het—versnel het tot –4,1%. Algemene owerheidsbesteding was vir meeste van die groei in algehele BBP verantwoordelik en het met 7,5% (sajk) toegeneem. Verwagtinge vir 2010 bly gemeng, met huishoudelike verbruiksbesteding wat steeds ’n remmende invloed op die algehele ekonomiese groeikoers sal hê. Werksverliese gedurende 2009, wat waarskynlik gedurende die eerste paar maande van 2010 sal voortduur, sowel as die steeds hoë skuldlas van huishoudings, sal grootliks hiertoe bydra.
Privaatsektorkapitaalvorming sal eweneneens onder druk bly, sodat lopende en kapitaalbesteding deur die owerheid waarskynlik vir die meeste van die ekonomiese groei in 2010 verantwoordelik sal wees. Uitvoere behoort ook te herstel, maar die mate van herstel sal grootliks afhang van die vertoning van
die wisselkoers en kommoditeitspryse. Sektore wat die beste groeivertoning in 2010 behoort te lewer sluit in die mynbousektor; telekommunikasie, media en
tegnologie; en die konstruksiesektor. Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal na verwagting met sowat 2% groei in 2010, en teen 4% in 2011.
 
Rentekoerse
R entekoerse is in Augustus vir die laaste keer in 2009 verlaag en wel met 50 basispunte. Alhoewel Suid-Afrika se rentekoerse in die huidige rentekoerssiklus ongeveer dieselfde totale nominale daling ondergaan het as wat in die euro-gebied en die VSA die geval was, het plaaslike rentekoerse in reële
terme oor die afgelope vyf jaar meer gedaal as byvoorbeeld die VSA s’n. Oor die afgelope vyf jaar het reële rentekoerse in die VSA gemiddeld 0,6% beloop en het met 0,75% gedaal, terwyl die gemiddelde reële rentekoers in SA 3% was en met bykans 4% gedaal het. Volgens die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se opname rakende inflasieverwagtings gedurende die vierde kwartaal van 2009, het verwagtinge vir 2010 marginaal verbeter maar steeds op sowat 7,2% ingekom, wat heelwat bokant die boonste teikengrens van die Reserwebank se inflasieteiken is. Finansiële ontleders is die optimistieste, met ’n gemiddelde
inflasieverwagting van 6,1% vir 2010, terwyl vakbondverteenwoordigers inflasie sien op 9,7% vir die jaar. Die jongste krediet– en geldvoorradgroeisyfers toon nog geen tekens dat óf huishoudings óf besighede se aptyt vir krediet toeneem weens die laer rentekoerse nie, en jaar-op-jaargroeisyfers is nog meesal negatief en boonop op ’n skerp afwaartse tendens. Dit blyk dat daar min hoop is vir verdere sterk dalings in inflasie, gegewe kostedrukfaktore—veral wat betref elektrisiteit en miskien selfs ander energiebronne—en die moontlikheid dat die
2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi ook druk op sekere prysekan plaas. Gegewe hierdie betreklik negatiewe vooruitsigte vir inflasie, wil dit voorkom of rentekoerse nou by ’n onderste draaipunt is. Die Reserwebank sal egter ook versigtig bly om rentekoerse te gou en te veel te verhoog in die lig van die swak indiensneming-situasie en die ekonomiese herstel wat nog maar baie tentatief sal bly gedurende die eerste helfte van 2010. Gevolglik word voorspel dat korttermynrentekoerse vir die grootste deel van die jaar op hul huidige vlakke (10,5% vir prima) sal bly.
Dit lyk onwaarskynlik dat rentekoerse verder sal daal in die huidige siklus tensy die ekonomiese oplewing ‘n ernstige insinking toon. Daar is egter ’n sterk moontlikheid van hoer rentekoerse later in 2010


Extra documents

Enquire about this article

Required fields are marked with *.

Your name *  
Your surname *  
E-mail address *  
Contact telephone number *  
Ask Capital City Business Chamber to contact me *   Yes No
Your preferred contact method *  
Message Text *  
 
 
   
  

More Related articles

Sanlam Cobalt : IT Tips and Tricks
Microsoft Office PowerPoint 2007 E-mail
Capital City Business Chamber
Read more...

Sanlam Cobalt : IT Tips and Tricks
Microsoft Office PowerPoint 2007 E-mail
Capital City Business Chamber
Read more...

NEW TRAFFIC FINE SYSTEM

Capital City Business Chamber
Read more...